Welkom by die Leierskap Netwerk


Die Leierskap Netwerk is 'n burgerlike inisiatief om jong volwassenes met leierskappotensiaal in Suid-Afrika te bemagtig met geleenthede vir ontwikkelling en effektiewe deelname aan die probleemoplossing in Suid-Afrika.


Skryf in vir die Strategiese Wegbreek Bosberaad 28 tot 29 November 2008



Die Leierskap Netwerk is 'n onafhanklike nasionale leierskapnetwerk inisiatief sonder winsoogmerk en word gebou op die waardestelsel van konsekwente Christenskap, positiewe Burgerskap en moderne Afrikanerskap.  Ons fokus is eenvoudig: om jong volwassenes met leierpotensiaal te bemagtig om tot hulle volle potesiaal te ontwikkel en by te dra in die beste belang van Suid-Afrika waarin elkeen in Suid-Afrika tuis voel.

Die Leierskap Netwerk se Doelstellings is:
  • Om jong volwassenes se geleenthede vir sukses in die nuwe Suid-Afrika te verbeter;
  • Om 'n platform te skep vir jong volwassenes om met hulle volle potensiaal Suid-Afrika se uitdagings aan te vat;
  • Om jong volwassenes eerstehands by die probleemoplossing van Suid-Afrika te betrek;
  • Om beurse te verskaf vir naskoolse studie van jong volwassenes met leierskappotensiaal;
  • Om 'n netwerkinfrastruktuur daar te stel vir alle ander leierskapnetwerke wat ons waardestelsel deel.
’n Positiewe toekomsverwagting -

Suid-Afrika is 'n simbool van vrede en hoop vir vele in beide die Afrikakontinent sowel as die res van die wêreld.

Die Leierskap Netwerk fasiliteer 'n proses vir jong volwassenes met leierpotensiaal om mee te werk aan die skep van 'n toekoms in Suid-Afrika waarop elkeen kan trots wees.

Ons nooi u hartlik uit om uself van ons aktiwiteite te vergewis en met ons hande te neem in die realisering van ’n positiewe toekomsverwagting.

 
© 2006 Leierskap Netwerk Studiefonds.
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere
Alle regte voorbehou. Meer oor ons | Kontak ons | Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik